Dit is Skattejag-seisoen in die Kaap!
Sluit aan by die avontuur en wees die eerste om die R100 000 kontant op te spoor – weggesteek êrens in Kaapstad!
Die persoon of span wat dit eerste vind… hou alles!
Dit Werk So:
Jy (of jou span) gaan op ’n opwindende (meestal virtuele, soms fisiese) 16-weke lange reis in en om Kaapstad – jou (julle) uitdaging is om 32 spesiale Skattejag-Kaarte te versamel.
Elke kaart moet “verdien” word en is beskikbaar vir aflaai op die amptelike webwerf: KaapstadSkattejag.co.za
Luister daagliks na BOK RADIO 98.9FM.
- Elke week sal een of meer van die aanbieders ’n nuwe leidraad op radio uitsaai.
- Besoek die webwerf met jou antwoord – en kyk of JOU antwoord vir daardie week se leidraad korrek is.
- Elke regte antwoord verdien ’n skattejagkaart.
- Elke kaart vertel ’n stukkie van Kaapstad – en sommige [meeste] van hulle bevat leidrade wat jou nader aan die R100 000 skat sal bring.