HOE OM DEEL TE NEEM

Dit is Skattejag-seisoen in die Kaap!

Sluit aan by die avontuur en wees die eerste om die R100 000 kontant op te spoor – weggesteek êrens in Kaapstad!
Die persoon of span wat dit eerste vind… hou alles!

Dit Werk So:

Jy (of jou span) gaan op ’n opwindende (meestal virtuele, soms fisiese) 16-weke lange reis in en om Kaapstad – jou (julle) uitdaging is om 32 spesiale Skattejag-Kaarte te versamel.

Elke kaart moet “verdien” word en is beskikbaar vir aflaai op die amptelike webwerf: KaapstadSkattejag.co.za

Luister daagliks na BOK RADIO 98.9FM.

  • Elke week sal een of meer van die aanbieders ’n nuwe leidraad op radio uitsaai.
  • Besoek die webwerf met jou antwoord – en kyk of JOU antwoord vir daardie week se leidraad korrek is.
  • Elke regte antwoord verdien ’n skattejagkaart.
  • Elke kaart vertel ’n stukkie van Kaapstad – en sommige [meeste] van hulle bevat leidrade wat jou nader aan die R100 000 skat sal bring.

VOLGENDE: BEGIN JOU AVONTUUR SO….