Die aanbieders van Bok Radio gee elke week leidrade wat jou help om Skattejag-kaarte aanlyn te “wen” of te versamel. Kyk by HIERDIE SKAKEL hoe dinge werk.
Hier is ’n kort opsomming:
• Luister Maandag tot Vrydag na Bok Radio (98.9FM) vir die eerste stel raaisels van ’n blok op die speletjie-bord.
• Gebruik jou antwoord/oplossing as ’n wagwoord (password) op die webwerf.
• Alle wagwoorde is in hoofletters, sonder spasies – tik dit versigtig in!
• As jou wagwoord reg is, sien jy die “CONGRATULATIONS”-bladsy.
• Hier sal jy instruksies kry – lees dit versigtig.
• Voltooi ook die kort “SEKURITEITSVORM” – dis baie belangrik!
• Dan kry jy toegang tot ’n “ZIP-lêer” wat jy kan aflaai. Dit bevat jou week se skattejag-kaarte en leidrade.
• Maak die lêer oop, bestudeer dit goed, en volg die aanwysings.
• Jy kan die kaarte druk en ’n fisiese versameling bou as jy wil.
• Let Wel: Elke week is daar twee ZIP-lêers om af te laai – een groen en een oranje.
.